Quick Search
Categories
- Lektuur
- Preke
- Afgodsaanbidding
- Ander Temas
- Beproewing & Versoeking
- Barmhartigheid
- Besluitneming
- Bekering
- Bruid Van Christus
- Christus
- Dood
- Doop
- Dissippelskap
- Evangelisasie
- Egosentrisme
- Familie
- Gasvryheid
- Gawes Van Die Gees
- Geestelike oorlogvoering
- Gebed
- Geloof
- Geloofs afval
- Geloofs Fondamente
- Geld
- Gelykenisse
- Gemeente Wees
- Genade
- Genoegsaamheid Van Die Skrif
- God Se Attribute
- God se beeld in die mens as man en vrou
- God Se Koningkryk
- God Se Seen
- God Se Toorn En Genade
- God Se Vrye Genade
- God Se Wil - Die neem van besluite
- Heilige Gees
- Homoseksualiteit
- Huwelik
- Jou Hart
- Kerk En Die Staat
- Kern van ons geloof
- Kinders, ouerskap, opvoeding & onderwys
- Liefde
- Lofprysing, Aanbidding & Belewing
- Loon
- Lyding
- Man En Vrou Se Rol
- Om God Te Ken
- Onderwys
- Ons Erfenis
- Onvergeeflike sonde
- Opstanding
- Ouderlingskap
- Praktiese Christenskap
- Profesiee
- Predikers se verantwoordelikheid
- Regverdigmaking en heiligmaking
- Rentmeesterskap
- Sabbat
- Saligsprekinge
- Satan
- Sending
- Sonde
- Tien Gebooie
- Uitverkiesing
- Vas
- Vergifnis
- Verhouding met die wereld
- Volharding en Lyding
- Voorsienigheid
Ons karakter
-
"Ware waarheid" is vir ons lewensbelangrik. Die inhoud van reddende geloof is die objektiewe, tydlose, oral-geldende Bybelse openbaring van God. En sedert Pinkster verstaan egte gelowiges die geheimenisse daarvan. Ons het dus geen ambisie om ons eie teologiese wiel te ontwerp nie. Ons stap in pas met die historiese Christelike geloof.
-
Die universele beginsels van die Woord moet in 'n regte en komplekse wêreld uitgeleef word. Dit verg aanpasbaarheid en denke vanuit eerste beginsels. Die ware kerk is dus meteen onwrikbaar geanker in die eeue-oue Godsopenbaring, én so kontemporêr soos vanoggend se koerant.
-
Ons het die kruis van selfverloëning opgeneem en maak erns met dissipelskap - maar kreun steeds oor mislukkings sonder tal. Dít weet ons egter: ons Christelike belewing is eg; die God van genade se vingerafdrukke sit op ons; Hy is met ons op pad.
-
Die hart van ons sterk en ononderhandelbare oortuigings is Jesus Christus. Hy is ons álles - sekuriteitsanker, vreugdesbron, verkondigingsinhoud! Saam met C.H.Spurgeon sê ons: "I am never ashamed to avow myself a Calvinist; I do not hesitate to take the name of Baptist; but if I am asked what is my creed, I reply, It is Jesus Christ!"
-
Ons is evangelies - wat beteken dat ons glo in die noodsaak van wedergeboorte, bekering, heiligmaking, volharding. Hierdie verantwoordelikhede rus op alle mense - ook op gelowiges se kinders. Ons glo voorts dat evangelieverkondiging die krag van God is waardeur die Heilige Gees ons tot hierdie dinge in staat stel. Met die "show-biz" wat so deel van talle kerke geword het, het ons gevolglik min geduld.
-
Ons is baptisties - wat beteken dat ons 'n hoë premie plaas op die plaaslike kerk as gemeenskap van ware gelowiges en die daarmee samehangende belydenisdoop. As ons bely dat ons Baptiste is, onderskryf ons die volgende leerstukke as samevattende basis van ons geloof, leer en lewe: - Die Vyf Sola's:
Die Woord alleen ("Sola Scriptura");
Christus alleen ("Solus Christus");
Genade alleen ("Sola Gratia");
Geloof alleen ("Sola Fide").
- Die Vyf Kernwaarhede van die Gereformeerde Leer:
Die totale verdorwenheid van die mens ("total depravity");
Die onvoorwaardelike verkiesing ("unconditional election");
Beperkte verlossing ("limited atonement");
Onweerstaanbare genade ("irresistible grace");
Volharding van die gelowiges ("perserverance of the saints");
- Die Tien onderskeidende Baptistekenmerke:
Die direkte hoofskap van Christus;
Die priesterskap van alle gelowiges;
Gemeenskaplike aanspreeklikheid ("interaktiewe gemeente funksioneringsmodel - ook genoem "kongregasionele kerkregering");
Die gesag en genoegsaamheid van die Bybel;
Gemeentelidmaatskap is slegs vir wedergeborenes;
Skeiding tussen kerk en staat;
Die doop van gelowiges as enigste vorm van Bybelse doop;
Die selfstandigheid van die plaaslike gemeente;
Vryheid van gewete. -
In die uitlewing van ons geloof wil ons 3 gerigthede in balans hou. Na bo wil ons met die Here wandel en Hom in gees en waarheid aanbid. Na binne wil ons mekaar liefhê, dien en opbou. Na buite wil ons diensbaar wees, eerlik en opreg in hierdie wêreld leef, en die evangelie wyd en suiwer uitdra.
-
Ons het hartlike verhoudinge met talle gemeentes, plaaslik en internasionaal. Ons is ook 'n aktiewe lid van SOLA 5, 'n Assosiasie vir Evangeliese Christene in Suidelike Afrika.