Quick Search
Categories
- Lektuur
- Preke
- Afgodsaanbidding
- Ander Temas
- Beproewing & Versoeking
- Barmhartigheid
- Besluitneming
- Bekering
- Bruid Van Christus
- Christus
- Dood
- Doop
- Dissippelskap
- Evangelisasie
- Egosentrisme
- Familie
- Gasvryheid
- Gawes Van Die Gees
- Geestelike oorlogvoering
- Gebed
- Geloof
- Geloofs afval
- Geloofs Fondamente
- Geld
- Gelykenisse
- Gemeente Wees
- Genade
- Genoegsaamheid Van Die Skrif
- God Se Attribute
- God se beeld in die mens as man en vrou
- God Se Koningkryk
- God Se Seen
- God Se Toorn En Genade
- God Se Vrye Genade
- God Se Wil - Die neem van besluite
- Heilige Gees
- Homoseksualiteit
- Huwelik
- Jou Hart
- Kerk En Die Staat
- Kern van ons geloof
- Kinders, ouerskap, opvoeding & onderwys
- Liefde
- Lofprysing, Aanbidding & Belewing
- Loon
- Lyding
- Man En Vrou Se Rol
- Om God Te Ken
- Onderwys
- Ons Erfenis
- Onvergeeflike sonde
- Opstanding
- Ouderlingskap
- Praktiese Christenskap
- Profesiee
- Predikers se verantwoordelikheid
- Regverdigmaking en heiligmaking
- Rentmeesterskap
- Sabbat
- Saligsprekinge
- Satan
- Sending
- Sonde
- Tien Gebooie
- Uitverkiesing
- Vas
- Vergifnis
- Verhouding met die wereld
- Volharding en Lyding
- Voorsienigheid
Ons geskiedenis
Rondom die einde van 1983, was daar ‘n klompie lidmate in een spesifieke Gereformeerde Gemeente in Vereeniging, wat al meer ontnugter geraak het oor bepaalde sake in die kerk, waaronder die gebrek aan ‘n behoorlik funksionerende gemeenskap van heiliges, ‘n gebrek aan behoorlike lofprysing en aanbidding, asook ‘n gebrek aan uitlewing van die leerstellinge wat die lidmate bely. ‘n Kerngroep van hierdie bepaalde gemeente het oor ‘n tydperk van nagenoeg 12 maande ander moontlikhede van ‘n geestelike tuiste begin ondersoek.
Tesame met gelowiges uit ander denominasies, het ongeveer nege broers en susters op gereelde basis, begin bid vir ‘n geestelike leier wat hulle kon beroep as hul herder en leraar in ‘n nuwe gemeentelike bedeling.
Op aanbeveling van ds. Konki van der Walt, het hierdie groepie te hore gekom van ‘n siviele ingenieur, by name Nico van der Walt, wat ‘n jaar of twee van tevore sy teologiese studies aan die Potchefstroomse Universiteit afgehandel het. Nico is beroep en hy en sy vrou Soniah en hul vier dogters het gedurende Julie 1984 na Vereeniging verhuis en is ‘n nuwe gemeente gestig.
Aanvanklik was die gemeente geaffilieer by die ABK (Afrikaanse Baptiste Kerk). Daar het egter so vroeg as 1985 ‘n rigtinggewende verandering plaasgevind en het die gemeente ‘n onafhanklike gemeente geword en wel onder die naam “Vaaldriehoek Christengemeenskap”. Op daardie stadium was die gemeente “semi-charismaties”, maar die klem het meer geval op die “semi”. Bybelse waarhede wat deur “stewige” eksegetiese prediking gebring is, het sentraal gestaan in die lewe van die gemeente en lidmate.
Aan die begin van 1990 het Nico en sy gesin na Noordhoek in die Wes-Kaap verhuis en is die gemeente vir die volgende twee jaar, hoofsaaklik deur die ouderlinge gelei. Genadiglik het die Here aan die begin van 1992, en wel op versoek van die leierskap van die gemeente, vir Nico en sy gesin terug gelei na die gemeente.
Daar het ‘n ingrypende teologiese koersaanpassing plaasgevind met die terugkeer van Nico. Hy het dit baie duidelik gemaak dat hy deur God se genade oortuig geraak het van die absolute waarhede van die gereformeerde geloof. Kort daarna het die gemeente geaffilieer by die destydse RBA (“Reformed Baptist Association of South Africa”). “Die Baptiste Geloofsbelydenis van 1689” het dan terselfdertyd ook die geloofsbelydenis van die gemeente geword (dit is tot vandag toe dan ook die geval). Gedurende hierdie tyd is die gemeente se naam ook verander na die huidige naam, nl. ANTIPAS GEREFORMEERDE BAPTISTE GEMEENTE (kortweg sommer net: Antipas Gemeente). Hierdie naam is afgelei van die naam van die getroue getuie in Openb.2:13.
In 1997 het die leierskap van die gemeente intens bewus geraak van die behoefte wat daar bestaan aan die prediking van Nico in ander dele van die land, maar veral in Pretoria. Na vele gebed en samesprekings, het dit duidelik geraak dat die Here besig is om Nico voor te berei vir ‘n “nuwe werk” in Pretoria. Gedurende Januarie 1998 het Nico en ‘n groepie gelowiges, met dienste in ‘n skoolsaal in Pretoria begin. En gedurende die tweede helfte van 1999 het hy en sy familie, met die seënwense van die gemeente, na Pretoria verhuis. Antipas Gereformeerde Baptiste Gemeente, Pretoria is kort hierna gestig en aanvanklik het die gemeente onder die leiding van die ouderlinge van die Vereeniging gemeente gestaan.
In Maart 1999 is Johannes de Koning na ons gemeente beroep. Hy en sy vrou Jacolette het getrou in Antipas gearbei tot en met November 2003.
Intussen het ons Hemelse Vader in die hart van Kobus van der Walt (ook ‘n oud-PUK) gewerk en het hy die beroep as herder en leraar na ons gemeente aanvaar en sluit hy en sy vrou Jeanne hulle by die gemeente aan in Januarie 2005.