Missie

Ons as Antipas- gemeente wil God Drie-enig verheerlik deur o.l.v. die Heilige Gees 'n Woordgefundeerde, Godgesentreerde, Christusgefokusde en praktiese liefdesgemeenskap in die Vaaldriehoek te wees.  

... soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees ~Ef. 1:4

Ek druk julle dit op die hart, ek wat ’n gevangene is omdat ek die Here dien: Laat julle lewenswandel in ooreenstemming wees met die roeping wat julle van God ontvang het.  Wees altyd beskeie, vriendelik en geduldig, en verdra mekaar in liefde. Lê julle daarop toe om die eenheid wat die Gees tussen julle gesmee het, te handhaaf deur in vrede met mekaar te lewe. ~ Ef. 4:1-3

(Sien ook ons Kernlering)