Quick Search
Categories
- Lektuur
- Preke
- Afgodsaanbidding
- Ander Temas
- Beproewing & Versoeking
- Barmhartigheid
- Besluitneming
- Bekering
- Bruid Van Christus
- Christus
- Dood
- Doop
- Dissippelskap
- Evangelisasie
- Egosentrisme
- Familie
- Gasvryheid
- Gawes Van Die Gees
- Geestelike oorlogvoering
- Gebed
- Geloof
- Geloofs afval
- Geloofs Fondamente
- Geld
- Gelykenisse
- Gemeente Wees
- Genade
- Genoegsaamheid Van Die Skrif
- God Se Attribute
- God se beeld in die mens as man en vrou
- God Se Koningkryk
- God Se Seen
- God Se Toorn En Genade
- God Se Vrye Genade
- God Se Wil - Die neem van besluite
- Heilige Gees
- Homoseksualiteit
- Huwelik
- Jou Hart
- Kerk En Die Staat
- Kern van ons geloof
- Kinders, ouerskap, opvoeding & onderwys
- Liefde
- Lofprysing, Aanbidding & Belewing
- Loon
- Lyding
- Man En Vrou Se Rol
- Om God Te Ken
- Onderwys
- Ons Erfenis
- Onvergeeflike sonde
- Opstanding
- Ouderlingskap
- Praktiese Christenskap
- Profesiee
- Predikers se verantwoordelikheid
- Regverdigmaking en heiligmaking
- Rentmeesterskap
- Sabbat
- Saligsprekinge
- Satan
- Sending
- Sonde
- Tien Gebooie
- Uitverkiesing
- Vas
- Vergifnis
- Verhouding met die wereld
- Volharding en Lyding
- Voorsienigheid
Petrus se Eerste Brief aan die Gemeentes in Klein-Asie - 08 (Mans en Vrouens se Roeping)
- 10-03-2009
- Categorized in: God se beeld in die mens as man en vrou
1. SKRIFLESING:
1Pet.3:1-7 ~ Vrouens, julle moet aan julle mans onderdanig wees. As daar van julle is met mans wat nie die woord van God glo nie, en die mans sien hoe godvresend julle is en hoe voorbeeldig julle julle gedra, sal hulle vir Christus gewen kan word deur die gedrag van hulle vrouens. Dit sal nie eens vir julle nodig wees om ’n woord te sê nie.3 Julle skoonheid moet nie bestaan in uiterlike dinge soos haarkapsels, juwele en sierlike klere nie. 4 Nee, julle skoonheid moet dié van die innerlike mens wees: blywende beskeidenheid en kalmte van gees. Dit het by God groot waarde. 5 In die ou dae het die gelowige vrouens wat op God gehoop het, hulle ook so versier: hulle was aan hulle mans onderdanig. 6 Sara, byvoorbeeld, was aan Abraham gehoorsaam en het met eerbied na hom verwys. As julle doen wat goed is en julle nie deur dreigemente laat afskrik nie, is julle haar dogters. 7 Mans, julle moet verstandig met julle vrouens saamleef. Bewys eer aan hulle as die swakker geslag wat saam met julle deel in die lewe as genadegawe. Dan sal julle kan bid sonder dat iets julle hinder.
2. INLEIDING:
Wanneer ons hierdie gedeelte wil verklaar, moet ons in die eerste plek kyk na die doel met Paulus se skrywe van hierdie perikoop – m.a.w. waarom het die Heilige Gees dit so gewil dat hierdie gedeelte in die kanon van die Woord opgeneem is? As ons bv. na Skrifgedeeltes soos 2Tim.3:16 kyk, weet ons dat elke jota en titel vir ons gegee is om ons op te bou in die allerheiligste geloof – hierdie perikoop is dus nie om dowe neute in die Skrif opgeneem nie en dit kan ook nie oudmodies raak nie, want God se Woord is vir alle tye geskryf . 2Tim.3:16 lees as volg ~ Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ’n regte lewenswyse te kweek, 17 sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk. Mag ons hierdie waarhede altyd in gedagte hou wanneer ons die Woord lees.
Kom ons kyk dan net vlugtig na die agtergrond van hierdie gedeelte:
• Petrus skryf hierdie brief aan die gemeentes in Klein-Asië wat onder Romeinse beheer gestaan het.
• Ons moet ook iets verstaan van die Romeinse familie se lewenstyl en –gewoontes. Onder Romeinse wetgewing het die man en vader van die gesin, oor absolute gesag oor die hele familie beskik. Dit was ook die standpunt van die Griekse kultuur – onthou: hierdie gelowiges in Klein-Asië was almal Griekssprekend. Die Romeine het baie sterk klem gelê op goeie orde in die huisgesin, omdat hulle die huisgesin beskou het as die fondasie vir goeie orde in die staat.
• Wanneer ’n man bv. ’n Christen geword het, het die hele gesin Christene geword (bv. Hand.16:29-33).
• Aan die anderkant, indien ’n vrou gelowig sou word en haar man nie, is sy baie dikwels geïsoleer.
• Die hele saak van onderwerping aan gesag wat oor jou aangestel is, was dus ’n logiese uitvloeisel van die Romeinse en Griekse kulture.
• Petrus laat val die fokus in hierdie perikoop, veral op die gelowige vrouens in die gemeentes wie se mans nie ook gelowig is nie en waarskynlik was daar heelwat sulke vrouens in die gemeentes.
3. OPDRAG AAN VROUE:
Wat wil Petrus dan aan hierdie vrouens in ons perikoop kommunikeer? Hy draai geen doekies om nie en hy val sommer met die deur in die huis deur in vers 1a te sê ~ Vrouens, julle moet aan julle mans onderdanig wees.
Net soos met die ander opdragte om te onderwerp in ander dele van hierdie brief, is hierdie opdrag om te onderwerp dus deel van ’n groter geheel – u sal onthou dat ons voorheen verwys het na o.a. die onderwerping van werknemers aan werkgewers; ons onderwerping aan die owerhede; onderwerping aan mekaar ens.
Kom ons vergelyk net 3:1 in die N.A.V. met dié van die O.A.V. – Die N.A.V. ~ Vrouens, julle moet..., terwyl die O.A.V. sê ~ NET so moet julle, vroue.... Die O.A.V. is die korrekte vertaling, want in die Grieks begin hierdie vers met, NET so (Grieks = ho-moi-os) moet julle, vroue. En wanneer ons vers 1 dus só lees, help dit ons nogal om hierdie vers beter te verstaan. As daar dan staan, NET so moet julle, vroue..., moet ons die vraag vra: “hoe moet hulle... ‘net so’?”. Ten einde dít te beantwoord, moet ons dus na die konteks kyk en dan sal ons sien dat dit in die voorafgaande gedeeltes gaan oor allerlei vorme van onderwerping.
Die kruks van al hierdie ander voorbeelde van onderwerping kom dus neer op die opdrag om heilige lewens te leef in die teenwoordigheid van alle mense – ook ongelowiges, sodat hierdie gesindheid van onderwerping deur die gelowige, ’n positiewe inpak op alle mense kan hê. As ons dan vers 1 mag parafraseer, staan daar dus eintlik: Net soos wat julle as gelowiges onder alle omstandighede ’n gesindheid van onderwerping teenoor alle mense moet openbaar, moet julle wat gelowige vrouens is, julle ook onderwerp aan julle mans.
Petrus doen dus nié hier ’n beroep op die vrouens om hul lewens te skoei op die tradisionele vorme van die samelewing nie, want hy het dit alreeds in 1:18 veroordeel, toe hy gesê het ~ Julle weet tog dat julle nie met verganklike middele soos silwer of goud losgekoop is uit julle oorgeërfde sinlose bestaan nie. Nee, hy sê dat hulle hul lewens – hul verhoudings met hul mans en ongeredde mans moet skoei op die voorbeeld wat Jesus daargestel het – nl. dié van ’n dienskneg.
Is hierdie dan die enigste rede waarom hy hierdie opdrag aan die vrouens gee? Ons vind ’n verdere motivering in die eerste deel van vers 6, nl. ~ Sara, byvoorbeeld, was aan Abraham gehoorsaam en het met eerbied na hom verwys...
Petrus sê dus aan die vroue, dat hulle, hulself moet onderwerp aan hul mans, want dan kan hulle Sara se dogters wees. Nou wat beteken dit?
Soos wat ’n kind sy ouers se voorbeeld navolg, so wys Petrus sy lesers daarop dat Sara ’n identifikasiefiguur is – iemand wie se voorbeeld met vrymoedigheid nagevolg behoort te word, want wanneer jy haar voorbeeld navolg, sal jy soos sy wees.
Wie was Sara? Sy was o.a. een van die min vroue wat in die lys van geloofshelde in Hebr.11 opgeneem is. Sy was die vrou van Abraham – Abraham wat in geloof die vreemde binne getrek het, sonder om te weet waarheen, want hy het bloot net in geloof gereageer op God se opdragte en Sara het sy leierskap volkome aanvaar en haar aan hom onderwerp en hom gehoorsaam en hom “my heer” genoem (Gen.18:12 – O.A.V.).
Sara het verder haar vertroue volkome in God geplaas en daarom is haar voorbeeld navolgenswaardig en kan vroue wat soos Sara, hulle aan hulle mans se leierskap onderwerp, ook dieselfde geestelike erfenis ontvang as Sara.
Daar is egter nog ’n rede waarom Petrus hierdie opdrag gee en dit vind ons in verse 1b tot en met vers 2 ~ As daar van julle is met mans wat nie die woord van God glo nie, en die mans sien hoe godvresend julle is en hoe voorbeeldig julle julle gedra, sal hulle vir Christus gewen kan word deur die gedrag van hulle vrouens. Dit sal nie eens vir julle nodig wees om ’n woord te sê nie.
Hy sê dus dat indien daar gelowige vroue is wat ongelowige mans het, moet hulle, hulle nie laat afskrik deur hul ongeredde mans se dreigemente ens. nie, maar moet hulle steeds onder alle omstandighede die vrug van die Gees uitleef en dan sál daar positiewe gevolge wees.
Wat dan is hierdie positiewe inpak waarvan Petrus praat, wat die gelowige vrou op haar ongeredde man kan hê indien sy haar onderwerp aan hom? Die antwoord vind ons in vers 1c, nl. ~ ...sal hulle vir Christus gewen kan word deur die gedrag van hulle vrouens.
Petrus gaan egter verder en hy sê vir die vrouens hóé hulle, hul moet onderwerp aan hulle ongelowige mans. Hy skryf ~ ...en (wanneer) die mans sien hoe godvresend julle is en hoe voorbeeldig julle julle gedra, sal hulle vir Christus gewen kan word deur die gedrag van hulle vrouens (v.1).
Hierdie vrouens moet dus Godvresend optree. Hierdie woord Godvresend is in die Grieks is "logos" en “logos” is die Grieks vir “die Woord van God”. Hierdie woord dui dus op ’n onderwerping aan die Woord. Petrus sê dus dat wanneer die mans sien hoe hulle vrouens in onderwerping en gehoorsaamheid aan die Woord optree en hulleself dus voorbeeldig en in ooreenstemming met die eise van die Woord gedra, hulle gewen kan word vir Christus – sonder dat die vrouens ’n woord hoef te sê.
Hierdie onderwerping van die vrouens is dus veel meer as net ’n onderwerping aan moontlike onregverdige behandeling deur ’n ongeredde man ter wille van Christus. Petrus beskryf hierdie onderwerping as ’n “versiering” van die gelowige vrou en ’n stil gees en hierdie versiering en stil gees is welbehaaglik in die oë van God.
Hierdie stil gees is in ooreenstemming met die onderwerping waarvan Paulus in 1Tim.2:9-12 praat ~ Aan die vroue wil ek hê dat hulle ook in hulle kleredrag waardig, beskeie en ingetoë moet wees. Hulle versiering moenie haarkapsels en goud of pêrels of duur klere wees nie, 10 maar goeie werke, soos dit vroue betaam wat openlik bely dat hulle God dien. 11 ’n Vrou moet in die erediens stil en onderdanig wees en haar laat leer. 12 Ek laat haar nie toe om daar onderrig te gee of oor die man gesag uit te oefen nie; sy moet stil wees.
Petrus ontwikkel sy redenasie verder in verse 3-4, deur vir die gelowige vrouens te sê waar die klem moet val t.o.v. hulle kleredrag en versiering, m.a.w. die voorkoms wat geassosieer behoort te word met gelowige vrouens.
Ek moet net dadelik noem, dat baie Christene (kan ek byvoeg, “wettisistiese” Christene) baie dikwels hierdie gedeelte totaal uit verband ruk, deur o.a. vir vrouens te sê dat hulle bv. glad nie oorbelle, of grimering ens. mag gebruik nie.
Weereens moet ons egter na die konteks hier kyk. Dit gaan hier, moet ons onthou, oor die vrou wat só moet optree dat sy haar man moontlik kan wen vir Christus en daarom sê Petrus vir haar dat haar skoonheid nie van haar uiterlike voorkoms moet afhang nie, maar dat sy eerder moet kyk na wie sy in Christus is en daarom moet sy in die eerste plek aandag skenk aan haar innerlike skoonheid, want dit is eerder goeie werke wat haar man na Christus sal trek as uiterlike skoonheid. Natuurlik beteken dit nié dat vrouens nou maar kan aantrek soos hulle wil en hulle uiterlike afskeep nie (inteendeel), maar hulle moet in die eerste plek let op hulle innerlike menswees.
Petrus sê in vers 4, dat sy beskeidenheid en kalmte van gees aan die dag moet lê. Hierdie eienskappe is natuurlik deel van die vrug van die Gees waarvan Gal.5:22-23 praat, nl. ~ ...liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Hierdie kwaliteite is welbehaaglik in die oë van God.
Dit is dus duidelik, dat ’n “1 Petrus 3-vrou”, ’n vrou is wat haar onderwerp aan haar man en die vrug van die Gees te alle tye teenoor hom uitleef – ja, om hom moontlik te kan wen vir Christus indien hy ongered is, maar ook om in Christus se voetspore te volg wat, al is Hy Seun van God, nogtans die voorbeeld vir ons almal as dienskneg gestel het. Hierdie selfde Petrus wat die brief skryf, was getuie van Christus se diensknegskap, want Christus het sy wat Petrus is, se voete gewas – net soos wat die slawe van destyds gedoen het.
4. OPDRAG AAN MANS:
Petrus kom nou met ’n verassing in hierdie perikoop vorendag. Hy het tot nou die vroue aangespreek, maar skielik spreek hy nou die mans in die gemeentes aan.
’n Verdere verassing is dat hy nie baie sê vir die manne nie, maar wat hy sê is egter “swaar gelaai”. In vers 7 sê hy dan ~ Mans, julle moet verstandig met julle vrouens saamleef. Bewys eer aan hulle as die swakker geslag wat saam met julle deel in die lewe as genadegawe. Dan sal julle kan bid sonder dat iets julle hinder.
Ek wil net so terloops noem, dat baie vrouens in ons dag, baie vinnig is om te sê dat mans vers 7a en b moet uitleef anders tref die gevolge van vers 7c hulle, maar hulle wat vrouens is, is nie bereid om vers 1 tot 6 op hulle lewens toe te pas nie. Mans aan die anderkant is weer gou om te sê dat vrouens vers 1 tot 6 moet toepas op hul lewens, maar hulle wat mans is, vergeet weer dat daar ook in vers 7 ’n opdrag vir hulle is – ’n opdrag met rampspoedige gevolge indien hul nie daaraan gehoorsaam is nie.
Waarom het Petrus soveel meer te sê gehad vir die vrouens as vir die mans? Omdat die gelowige vrouens, gebuk gegaan het onder soveel meer druk as die mans.
Hierdie vrouens het skielik baie meer vryheid in Christus ervaar as voorheen, maar hierdie vryheid ervaar hulle buite die huweliksfeer. In ’n tyd waar vrouens oor die algemeen hanteer is asof hulle niks meer as ’n meubelstuk en ’n “seksobjek” is nie, plaas hierdie nuutgevonde vryheid geweldige spanning op hul huwelike.
Nietemin, die opdrag en verantwoordelikheid wat Petrus nou op die skouers van die mans lê, kan in twee dele verdeel word, nl. Wat hulle moet doen en Waarom hulle dit moet doen:
• Wat moet hulle doen?
Petrus aanvaar dat die mans in die gemeentes, se vrouens ook gelowiges is en nou sê hy vir die mans, dat hulle verstandig met hulle vrouens moet saamleef en dat hulle eer aan hulle moet bewys (v.7a).
Petrus besef dat die vryheid wat die jong gelowiges in Christus ontvang het, ook spanning en aanpassing van die mans vra, want skielik moet hulle ook ’n geweldige paradigmaskuif ondergaan – hulle vrouens is nie meer “meubelstukke” nie, maar vrouens, geskape deur God en medegelowiges in die Here Jesus en daarom is Petrus se boodskap aan die mans nét so belangrik.
Hy sê verder aan hulle, dat hulle verstandig saam met hulle vrouens moet leef. Hierdie woord “leef” (sunoikew = su-noi-keo), verwys veral na die man en vrou se fisiese-, of seksuele verhouding. Mans moet dus veral op fisiese vlak, maar ook op ander terreine, hul vrouens in ag neem en verstaan en hul spesiale behoeftes erken en in ag neem.
Hy sê dus vir die mans (ten aanhore van al die vrouens) dat dit so ís dat die vrouens hulle moet onderwerp aan die mans, máár die mans moet terselfdertyd hul vrouens eer.
Hierdie eer sluit bedagsame begrip in. Warren Wiersbe het die volgende hieroor gesê ~ Die man moet die termostaat in die huis wees, terwyl die vrou die termometer moet wees en derhalwe die emosionele en geestelike temperatuur in die huis meet en die mans in kennis stel wat die stand van sake is, sodat die mans die termostaat kan aan- of afskakel. Dit beteken dus dat die vrou, die man se vennoot is en daarom moet hy ook na haar inspraak luister, want mans is nie onfeilbaar nie en sáám kan hulle baie beter vaar in hul huwelik.
• Waarom moet hulle dit doen?
Petrus herinner die mans ook daaraan, dat hulle, hulle vrouens moet respekteer, want sonder respek kan niemand tog liefhê nie. Daarom moet sorg gedra word, dat vrouens nie geminag word nie. Dit is veral belangrik dat hul vrouens gerespekteer sal word, omdat hulle deel is van die swakker geslag en wanneer mans hul vrouens geestelik en emosioneel “beseer”, is so ’n “besering” baie erger, juis omdat vrouens baie meer kwesbaar is.
Petrus sê dan ook dat beide die man en die vrou, deel aan die genadegawe van die lewe – hulle is dus saam geroep tot gemeenskap met God en daarom moet die mans ag slaan op wat Petrus vir hulle sê. Die man is geroep om die leiding te gee in die huwelik – sy roeping is dus anders as dié van die vrou en daarom is die vrou se roeping om haar te onderwerp aan die man se leiding, maar die vrou en die man is in status, gelyk voor God en dit is ’n verdere rede waarom die man die vrou moet eer en respekteer.
Wat is die gevolge vir die man, indien hy nie aan hierdie opdragte gehoor gee nie? Petrus sê dat so ’n man se gebede nie verhoor sal word nie. Dit wil verder voorkom asof Petrus ook hier, gesamentlike gebed van
’n Toets om vas te stel of dit goed gaan in ’n huwelik, is of die man en vrou saambid – iets is ernstig verkeerd in die huwelik en/of die man en/of vrou se verhouding tot God, as hulle nie saambid nie!
5. SLOT:
’n Resep dus vir ’n suksesvolle en gelukkige huwelik is dat vrouens Godvresend sal optree; hulleself met innerlike skoonheid sal beklee; hulle aan hulle mans se leiding sal onderwerp en die mans sal hulle vroue met respek en in liefde behandel; en haar te alle tye in ag neem en saam met haar bid.