Quick Search
Categories
- Lektuur
- Preke
- Afgodsaanbidding
- Ander Temas
- Beproewing & Versoeking
- Barmhartigheid
- Besluitneming
- Bekering
- Bruid Van Christus
- Christus
- Dood
- Doop
- Dissippelskap
- Evangelisasie
- Egosentrisme
- Familie
- Gasvryheid
- Gawes Van Die Gees
- Geestelike oorlogvoering
- Gebed
- Geloof
- Geloofs afval
- Geloofs Fondamente
- Geld
- Gelykenisse
- Gemeente Wees
- Genade
- Genoegsaamheid Van Die Skrif
- God Se Attribute
- God se beeld in die mens as man en vrou
- God Se Koningkryk
- God Se Seen
- God Se Toorn En Genade
- God Se Vrye Genade
- God Se Wil - Die neem van besluite
- Heilige Gees
- Homoseksualiteit
- Huwelik
- Jou Hart
- Kerk En Die Staat
- Kern van ons geloof
- Kinders, ouerskap, opvoeding & onderwys
- Liefde
- Lofprysing, Aanbidding & Belewing
- Loon
- Lyding
- Man En Vrou Se Rol
- Om God Te Ken
- Onderwys
- Ons Erfenis
- Onvergeeflike sonde
- Opstanding
- Ouderlingskap
- Praktiese Christenskap
- Profesiee
- Predikers se verantwoordelikheid
- Regverdigmaking en heiligmaking
- Rentmeesterskap
- Sabbat
- Saligsprekinge
- Satan
- Sending
- Sonde
- Tien Gebooie
- Uitverkiesing
- Vas
- Vergifnis
- Verhouding met die wereld
- Volharding en Lyding
- Voorsienigheid
Antipas Vereeniging
Welkom by die webtuiste van Antipas Gemeente, Vereeniging. Ons streef daarna om God Drie-enig te verheerlik deur 'n Woordgefundeerde, Godgesentreerde, Christusgefokusde en praktiese liefdes-gemeenskap in die Vaaldriehoek, onder leiding van die Heilige Gees te wees.
Om meer te lees oor wie ons is en wat ons glo, volg asseblief die skakels hieronder:
> Agtergrond
> Missie
> Visie
> Ons oortuigings
> Ons karakter
> Ons geskiedenis
> Grondwaarhede
> Aktiwiteite
> Leierskap
|
SONDAGBYEENKOMSTE Gesamentlike Gebed - 9:15 Erediens - 10:00 |
1. SOLI DEO GLORIA - DIE EER VAN GOD ALLEEN
Alles wat God beplan het en in die geskiedenis uitvoer (niks wat is of gebeur, is uitgeslote nie), het een finale doelwit, nl. om Homself te verheerlik. Die najaging van hierdie doel is dan ook elke mens se hoogste en onontkombare roeping. Om vir jouself te leef, is die wese van sonde
2. SOLUS CHRISTUS - CHRISTUS ALEEN
Hierdie genade wat God aan miljoene sondaars deur alle eeue betoon het, was nog altyd volledig gebaseer op die volmaakte middelaarswerk van Sy Seun, Jesus Christus, en daarop alleen.
3. SOLA SCRIPTURA - DIE HELE SKRIF EN NET DIE SKRIF
Die hele Bybel, en net die Bybel, is God se besondere en geïnspireerde openbaring aan die mens. Daarom is dit algeheel betroubaar en die universeel gesagvolle norm vir leer en lewe.
4. SOLA GRATIA - GENADE ALLEEN
As 'n sondaar gered word, dan is dit geheel-en-al te danke aan God se vrye genade, en daaraan alleen.
5. SOLA FIDE - GELOOF ALLEEN
God verklaar enige en elke sondaar regverdig wanneer die vanuit sy of haar geestelike en morele bankrotskap volledig op die middelaarskap van Jesus Christus staat maak ten einde vir God aanvaarbaar te wees. Daar is geen ander manier om met God versoen te word nie. Geen menslike verdienste, van watter aard ook al, kan Christus se verdienste aanvul nie; trouens, die Woord waarsku uitdruklik dat enige poging daartoe diskwalifiserend is.
Om meer te leer oor grondwaarhede, kliek hier