Quick Search
Categories
- Lektuur
- Preke
- Afgodsaanbidding
- Ander Temas
- Beproewing & Versoeking
- Barmhartigheid
- Besluitneming
- Bekering
- Bruid Van Christus
- Christus
- Dood
- Doop
- Dissippelskap
- Evangelisasie
- Egosentrisme
- Familie
- Gasvryheid
- Gawes Van Die Gees
- Geestelike oorlogvoering
- Gebed
- Geloof
- Geloofs afval
- Geloofs Fondamente
- Geld
- Gelykenisse
- Gemeente Wees
- Genade
- Genoegsaamheid Van Die Skrif
- God Se Attribute
- God se beeld in die mens as man en vrou
- God Se Koningkryk
- God Se Seen
- God Se Toorn En Genade
- God Se Vrye Genade
- God Se Wil - Die neem van besluite
- Heilige Gees
- Homoseksualiteit
- Huwelik
- Jou Hart
- Kerk En Die Staat
- Kern van ons geloof
- Kinders, ouerskap, opvoeding & onderwys
- Liefde
- Lofprysing, Aanbidding & Belewing
- Loon
- Lyding
- Man En Vrou Se Rol
- Om God Te Ken
- Onderwys
- Ons Erfenis
- Onvergeeflike sonde
- Opstanding
- Ouderlingskap
- Praktiese Christenskap
- Profesiee
- Predikers se verantwoordelikheid
- Regverdigmaking en heiligmaking
- Rentmeesterskap
- Sabbat
- Saligsprekinge
- Satan
- Sending
- Sonde
- Tien Gebooie
- Uitverkiesing
- Vas
- Vergifnis
- Verhouding met die wereld
- Volharding en Lyding
- Voorsienigheid
Agtergrond
Die kerk is deurmekaar! Dis 'n tyd van geloofsverval en -verwarring. Talle Christene is ontnugter. Ander is raadop met die status quo. Baie raak kerkloos.
Wat is die oorsake? Dis alles behalwe 'n eenvoudige saak. Maar 5 dinge, meer as enigiets anders, is besig om onberekenbare skade te doen:
- Vormgodsdiens skreeu al vir dekades in ons land teen die Skrifboodskap dat die evangelie 'n reddende en lewensveranderende krag is.
- Ongeloofsteologie, wat toenemend in ons akademiese inrigtings hoogty vier, is besig om hartsgeloof en -ywer in 'n menigte kerke en predikers te versmoor.
- Mensgesentreerde belewingsbeheptheid, met sy sensasionele en naïewe aansprake, maak 'n klug van die Bybelse oproep om in waarheid, heiligheid, selfverloëning en die vrese van die Here te leef.
- Afgewaterde en sentimentele melkkos-prediking het 'n geslag "Christene" geskep sonder insig in of honger na die diep waarhede van die Nuwe Verbond. Onderskeidingsvermoë is gevolglik 'n rariteit en alles word vir soetkoek opgeëet. Staan jy vir niks nie, val jy immers vir alles!
- Die Afrikaners se volkskerk-geskiedenis - en al die onbybelse skeeftrekkings wat oor die afgelope halfeeu en meer daarmee saamgehang het - is besig om vernietigend te boemerang.
Maar ware gelowiges moenie nou wanhoop nie. Die woorde van Ester 4:14 geld ook vir ons: ons is met die oog op 'n tyd soos hierdie in Suid-Afrika geplaas.
Nóú, meer as ooit, moet ons met onverdeelde harte in die voetspore van Christus volg. Nóú moet ons alles wat ons is en het, gee in belang van diepgaande reformasie in die kerk - ter wille van die eer van God, die waarheidsevangelie, ons kinders, ons land.
Maar dan moet ons onthou, reformasie is nie om nuwe dinge te ontdek nie, dis om ou, ou dinge opnuut te ontdek. Ons moet dus gelowig terug na die Woord.
Antipas wil en moet deel wees van die oplossing!
Ons is reeds betrokke by sendingwerk in Oos-Afrika, by gevangenisse in die Vaaldriehoek, by uitreike in "townships", by teologiese opleiding aan hoofsaaklik swart predikers in en om die Vaaldriehoek (ons is 'n satelietkampus vir Sovereign Grace Theological Seminary van die University of Africa) en by die verspreiding van lektuur regoor die land, tewens wêreldwyd.
Mag die Here Sy kinders help om nie hulle eersgeboortereg te verkwansel vir die dosyne lensiegeregte wat vandag opgedis word nie!